About

 

Iets wat elke Afrikaner na aan die hart staan is die reuk en atmosfeer van n vuur. Vuurmaak, braai en kuier is vir ons as Afrikaners so normaal soos Afrikaans praat. In 2010 het ons as n paar vriende  bymekaar gekom en besluit om Nasionale Braaidag op n spesiale manier te vier. Die braai was opgeslaan in die agterplaas en die vriende en familie was daar vir die kuier. Dit is waar die “Braai Crew” gestig was. Op n sonskyn dag om die vuur met ietsie koud in die hand.Braaidag vir ons beteken n dag waar ons as vriende en familie bymekaar kan kom en Afrikaans wees vier.

Dit is die een dag in die jaar wat ons nie hoef te bekommer oor enige iets anders nie, behalwe vir die feit of die vuur hoog genoeg brand.

 

Die BraaiCrew wil ook n bedanking maak aan The Sound Lab wat elke jaar by Braaidag die klank doen. Stephan Van Zyl is sekerlik een van die beste DJs in die Land. Vir meer inligting gaan gerus na hulle Facebook Page,  The Sound Lab ,  of kontak 

Stephan van Zyl  084 80 09518